My tienerkind, ek weet nie meer hoe nie!

Die lewe is op ‘n goeie dag nie ‘n maklike reis nie, die tienerfase heel verstaanbaar dalk die moeilikste tyd. As ouers tref dit ons gewoonlik wanneer die skrif aan die muur is en ons raadop is.  Jy bes moontlik voel jy is een groot “failure”. Jy het alles in jou vermoe gedoen om jou tiener te bemagtig en steeds voel dit asof daar deesdae ‘n vreemdeling in jou huis woon wat werklik wens hy of sy hoef nooit met jou iets te doen te he nie.

Gesonde en goeie opvoeding en die vermoe om ons kinders se spesifieke profiel (samestelling) te verstaan is nie iets wat ons outomaties verstaan as ons kinders kry nie. Gewoonlik ontdek ons eers die kompleksiteit van ‘n tiener se psige wanneer ons tieners vreemde gedrag begin toon. Ons almal gee vir ons kinders die beste, maar wat ons ‘n leeftyd vat om te verstaan is dat ons teen ons wil ook vir hulle ons slegste gee.

Die druk wat ons tieners moet hanteer teenoor die druk wat ons as ouers 30 jaar terug moes hanteer is soveel meer.  Alles is vinniger en verseker baie meer kompleks in ‘n wereld waar alles wat jy is en nie is, in die openbaar verkondig en bevestig word.

Hoe nou gemaak?  Is daar ooit hoop dat my kind my gaan vertrou en weer toelaat in sy binne wereld.  Ek wil hom so graag verstaan maar elke keer as ons kommunikeer is dit of hy of sy alles wat ek se verdraai.  Iets anders hoor as wat ek se!

Is dit hoe jy voel?

Kom ons begin by die begin.  Ons almal is verskillende individue en sonder dat ons dit weet het ons brein ‘n voorkeur om inligting te verwerk.  Nie een twee mense kan na dieselfde situasie kyk en presies dieselfde storie waarneem nie.

Deel van mekaar verstaan is om te weet dat ons DNA en die omgewing waar ons groot geword het, ons vorm (nature & nurture).  Oor seker gedeeltes het ons tenvolle beheer oor ander geen.  Die belangrikste is om te verstaan dat ons komplekse wesens is.  Self kennis is die begin punt.  Tot ons nie na onsself kan kyk en onsself verstaan nie, sal die mense om ons daaronder lei.  Sal die wat die naaste aan ons is, dink ons verstaan hulle nie.  Die grootste genade is om jouself goed te verstaan en dan vir ander om jou te wys hoe om met jou om te gaan, wat vir jou werk en wat nie, en hoekom jy as individue beter werk met ‘n ander benadering.

Die kompleksiteit van die brein en jou en my se spesifieke samestelling is te groot om een 100% te verstaan.  Tog is daar basiese konsepte wat jou die nodige insig kan gee om jouself, jou kinders en jou geliefdes anders te benader en vir hulle te leer hoe om met mekaar wys om te gaan.

Begin die jaar en bemagtig jouself en jou kinders, boek ‘n basiese oggend werksessie en ontdek die magtige werking van jou brein.

 

 

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *